Search This Blog

12 Desember 2009 Attie en Marietjie (OPSTAL)


38 grade celsius met baie sterk wind!!!
Wel, dit het niemand afgeskrik om 'n feestelike dag saam met Attie en Marietjie te deel nie. Hierdie was vir my ook 'n moeilike troue gewees, die dag voor die troue was my swanger vrou in die hostitaal opgeneem met komplikasies, maar ek kon nie vir Attie en Marietjie teleurstel nie. (Dit gaan nou nog goed met my vrou en Zoey (32 weke), maar hulle is nog in die hospitaal, ons bid en vertrou dat Zoey nog bietjie langer in haar ma sal bly vir die nodige ontwikkeling.)

Die onthaal was op die OPSTAL ESTATE in Rawsonville. Die Opstal is Attie se ouers se plaas en hulle het in plaas van die onthaal venue 'n Marquee tent onthaal gehou onder by die rivier. Sjoe, die decor was van die mooistes waar ek nog was en dan praat ek nie eens van die lekker Fillet nie.

Ek het voor die troue vir my POCKET WIZARDS gekoop en dit vir die eerste keer by 'n troue gebruik. Ook ma goed so, die son en die wind was so sterk dat ek nie my reflector kon gebruik nie, gelukkig het ek die Pocket wizards gehad en ek is baie tevrede met die resultate.

Hoop julle geniet ook die fotos.















































Hier het die Pocket Wizards baie goed gewerk.
















Die wind was BAIE STERK!!!



































Ek het op 21 NOV 2009 Bennie en Charmaine se trou fotos ook geneem. Attie was ook 1 van Bennie se Bestmen gewees. Om Bennie en Charmaine se fotos te kyk, CLICK op hul naam.



Vir die garter het hulle 'n oulike speletjie gespeel en die laaste 3 ouens het 'n "dans off" gehad, wow, die manne het gekook :)





Om 'n BOODSKAP vir Attie en Marietjie te los, CLICK op COMMENTS, dankie.


Share:

No comments

Post a Comment

Tell me what you think, please leave a comment. Please select the Name/URL option. Put your name in the NAME box, you don't have to worry about the URL box.

© Cape Town Wedding Photographer, Western Cape Wedding Photographer, Agapé Studio, Charl Smith | All rights reserved.
Blog Design Handcrafted by pipdig