Search This Blog

7 Feb 09 Monique & Albert (KRONENBURG)


Sjoe, by hierdie troue het ek verseker die uiterstes beleef, UITERS WARM (40gC in Wellington), Donderweer en reën, ek het een van mt 580 Flashes laat val en dit het gebreek, maar sekerlik die lekkerste couple om mee saam te werk ooit.

Die onthaal was op Kronenburg gewees, splinternuwe venue, maar verseker een van die lekkerstes, baie goeie beligting binne, al wat net nie so lekker is van die nuwe venue, is dat daar nie regtig plek is vir foto’s neem nie, ons het die meeste foto's op 'n ander plass gaan neem. Hulle het getrou in die Toring Kerk in die Paarl.

Dit het vinnig donker geraak met die donker wolke, maar ek kon gelukkig van extra Flash beligting gebruik gemaak het om besondere foto’s te neem. Ten spyte van die hitte, het Albert en Monique baie lekker saam gewerk en ek weet dat hulle die foto sessie baie geniet het.

Ek was van plan om so 15 foto’s per troue te laai, maar dit raak te moeilik, so, geniet die 50 foto’s . Ek hoop julle geniet die foto’s net so baie soos ek dit geniet het om te neem, behalwe vir die hitte natuurlik.
CLICK OP DIE FOTO’S OM DIT GROTER TE SIEN






































Share:

No comments

Post a Comment

Tell me what you think, please leave a comment. Please select the Name/URL option. Put your name in the NAME box, you don't have to worry about the URL box.

© Cape Town Wedding Photographer, Western Cape Wedding Photographer, Agapé Studio, Charl Smith | All rights reserved.
Blog Design Handcrafted by pipdig